Poetry by Joan-Louise Durr ~ Gedigte

My kop se dink 

Deur Joan-Louise Durr

Net vandag het ek besluit my hart is cheap

Ek’s ‘n sucker vir almal om dit uit te buit
Ek weet dis my eie skuld
Ek gee dit verniet,
Mahala
Sommer so vir my geliefdes

My hart en my lyf
Mag goedkoop wees
Vir almal se gebruik
(Jy verstaan wat ek bedoel)
Vir trane afdroog, liefde drukkies gee – en veral –
ag ouma jy is so cool.

Maar, het ek besluit,
My kop is my eie
Was nog altyd gewees
Nie altyd verstandig
Want, verstaan my mooi, ek is nie altyd bedees

Ek sal moet begin spit en grawe
Want die dink in my kop is myne
Ek sal pik en graaf
en onkruid uitroei
En die skoon grond
Met my jare se trane besproei
Ek sal die pyn, verwerping, hartseer en shit
Uit die grond uitspit
En ‘n kopblomtuin in my dink vestig
– ja my kop en my dink is een –
myne alleen

En dit gaan mooi wees!
Rose vir troos van my hart
Magrietjies vir vreugde,
Madeliefies vir die kleur van smart
Viooltjies vir ‘n Mamma te vroeg weggeskeur
En ‘n goudgeel tulp
Wat my koesterend toeskulp

Laat my kop se dink
‘N blomtuin word
Waar ek uiteindelik in vrede versink.

 

HY

Deur Joan-Louise Durr

Gedagteflardes maal deur sy kop

skink nog n dop

Wat kon ek meer doen?

Ekt gehuil, gepleit, gewroeg en groot verskoning gevra –

n vrou – wie dink sy is sy?

Almal gemors, drek

ek’t gese ek wens sy vrek!

net n oorlas

ver benede my!

Sy sal nog kruip, smeek

hoogheilig vir my kom staan ‘n preek!

EK is in beheer!

sy’t glo te seer

om weer te waag.

te probeer…

Verontwaarding maal

in sy verwarde kop

hy huil in nog n dop…


ARMGAT!

Deur Joan-Louise Durr

Ekke – die spreekwoordelike armgat!

Soek n wi-fi en persiese mat

n laptop en al daai fieterjasies

groot plat skerm

om Amadeus beter te kan sien

rondom klank vir sy goddelike musiek…

Want –

alleen is nou goed en wel…

en nog lekker ook

eintlik n saligheid

hierdie nuwe rustigheid

en helend vir my amper platgeslane siel,

maar…

Armgat?

Umm… jý, vrou, is nou helemal gek!

Jy’s geseend – só geseend en skatryk

aan waardes wat bo die wereldse reik.

Jy’t jou kinders se liefde en sorg

se net kwê – en jy’t nog

EN –

Armgat/miljoener

Herder het weer sy skapie gevind

ekke moet op my kniee gaan

en elke aand my hande saamslaan,

my kop laat sak en dankie, dankie se

want ekke is skat-skatryk

ek is weer volkome

my God se kind.


OKAMANJA (76 – 82)

Deur Joan-Louise Durr

Vergeet-se-vlak, by Vaalberg verby,

jy weet om n boer op sy kniee te kry!

Mens: – boor nog laer

Dier:- bulkend, slingermaer

Doringboom en mopanie, eens so fors,

staan in vodde van geskeurde bas

swart barste in die aarde se kors…

Plaas, jy is,

om my nek

n stinkende las.

Reen… reen… oe soekend – n hygende wens.

Die ou/jongman grys, gebukkend onder sy lot.

Die wuiwende gras het eens hoog gegroei,

maar verdwyn tot niks

in die son wat al witter skroei;

tot die diere begin hardloop –

blind en gék

van dors – swak bly hang in draad en hek

N makabere aanklag

teen mens

teen God.


SUIDWES

Deur Joan-Louise Durr

Daar is geen land so ver of woes gelee

Natuurlik praat hy oor jou, my land!

O, dis woes en leeg en warm.

waarom veg julle so daaroor?

Die land v dorre klip en sand

en dan nog ver gelee.

So kla die klomp wat elke Juliemaand

kom jag en raserig in die kampvuuraand

(in die glas die dop koud en goed belee)

beduie; jy’s woes en vergelee.

 


NAMIB 

Deur Joan- Louise Durr

Namib dagbreek

Namib rooi

skedel versier

mirabilis getooi

hier het God

die laaste sand en klip gestrooi

Namib in skroeiende

middagson

vlaktes niks wat dein en spring

op verraderlike lokkende ligspieeling.

Namib bergspits

rotsriwwe ru

skuilplek van

dik-dikkie sku.

Namib hard

Namib skoon

waar slegs gelouterdes

kan werk en woon.

Namib eeue-oud

en pragtig

grootsheid waar ek kom

vind ek weer myself

tussen duine oker-goud

en weet – God is àlom.



ONS LAASTE LOOT

Deur: Joan-Louise Durr.

(nog een uit my argiewe)

So vol stories; die bekkige kalant,

Het my al dikwels in die skande beland!

Het glo drie name – soos hy vertel –

Markus

Wynand

Glips!

Dis waar, al is dit effens kru gestel.

Die laaste

onbeplande

loot

uit die nou, geslote moederskoot.

Ou kereltjie wat oral harte steel,

ek dank die Vader elke dag

vir die vreugde, onverwag.

Jy vra so min, gee so veel

met drukkies en soentjies

van n tuitbekkie sag.



WAT OM TE SÊ?

Vir Barbara.

Deur:

Joan-Louise Durr.

Wat sê ek

wanneer my kind twyfel

oor haar eie lewe

en dit haar moeg maak,

soms laat weifel?

Sy is sterk

sy’s ‘n rots,

maar voel soms feilbaar,

tog steeds trots.

Sy’t al só baie vermag

soms – dink ek –

met onnatuurlike krag.

Sy werk by menslike

ure verby

om alles vir almal

reg te kry,

te please, te presteer,

bo haar eie standaarde

verby …

Dat sy so uitgeput is

en soms net vou

en dan stil só stil,

weet ek,

bid sy vir genade,

maar dit het sy reeds,

al besef sy dit nie –

God se genadeseën

besweer haar vrees.


Gopperige humorsin

Deur: Joan-Louise Durr.

Weet jy wat my laat
lag?

Mense wat poëties
raak met ‘n cliché;

gesegdes argaïes,
holruggery.

Soos;. die son wat
skyn na die swartste nag,

witte lelie wat in
modder groei …

O ja, die silwer rand

om die donker
wolkevrag,

en beste nog – berge
yl en blou

wat my altyd herinner
aan jou!

Ek’t ‘n verdraaide
humorsin –

satire blatant

komedie subtiel

Pieter Dirk wat
oneerbiedig ryg

aan ‘n hoogwaardige
ringkop se siel.

Graffiti op enige
oppervlak of ding

wat die menslike
sotheid besing.

Iets wat my amuseer,

maar ook wil laat
huil,

is wanneer so-sê
beskaafdes snak-

Woon jy tog nie op
Vergeet-se-Vlak?

Met moeite moet ek
myself bedwing

om nie
hande-vier-voet rond te spring,

‘n Been deur my hare,
‘n ring in my neus – met gromgeluide te begin praat –

net om die skok te
sien op n bleekwit gelaat.

Net om te bevestig
wat hulle tog vermoed:

Bêkveld-se-agtertang,
onbeskaafde gop …

Mense, mense, dis uit
eie vrye wil

dat ons hier woon en
bly.

Hier’s nog rus vir ‘n
gemoed –

“Beskaafde”
, sal jy dit regkry?

 


 

ODE AAN DIE SUSTERS VAN VERGEET-SE-VLAK

Deur: Joan-Louise Durr.

Jis, my sisters in crimplene!

– soms darem nagemaakte sy-

‘Seblief net wasbaar en kreukelvry –

Vorstinne van die kerkbasaar

(Hygend – dink julle díe brode is gaar?)

Het julle gehoor wie nou weer na Miena vry?

en kyk hoe loop daai hoogmoedige mêrrie hier verby!

Wonder darem wat sy sal sê

as sy weet waar haar man saans rondlê …

Jis, my susters, vol selfgeregtigheid,

kleinburgerlik, nougeset

vol gramskap en grief –

bemoeisiek, klaagsiek, sat.

Watter duister skandes lê versteek

onder stywe perm, nog stywer vormdrag?

Is dit jou eie ontoereikendheid wat jou só hinder

dat jy so luid is in oordeel en klag

waarom jy so skinder … skinder … skinder?

Jis, my susters, voor in die kerk!

Brei en hekel vir die weeshuis se kroos;

almal besig met sulke goeie werk,

besef nie één – die kern is voos,

want daar’s ‘n jong seun, soekend,

op eie straat –

hartseer op ‘n weduwee se gespanne gelaat.

‘n Meisie deur die lewe versaak …

Haai, het julle gehoor … gehoor … gehoor …

Ja, in dáárdie gemors wil ek nie betrokke raak nie!

Nee, nee! Ek sit nie in oordeel nie!

Herken julle nie die stem van ‘n suster nie?

Maar tussen kleingemeenskap kleinlikheid

loop draadjies suiwer goud;

vriende deur jare van samehorigheid –

almal ken almal – ons word saam oud.

Julle kruisig my vandag, my hartsbloed loop,

dan huil en help en bid jy,

van alle venyn gestroop.

Verskyn uiteindelik die werklike jy,

my suster –

liefdevol en sag, met ‘n hart baie groot.


 

Nouveau Riche

deur Joan-Louise Durr

Sy’s: kosmetiekmooi

snykundigferm

kosbangbenerig

diamantgetooi

tuis: neuroties en siek

sportmotor elegant

boutique chic

salonblond

hydro gesond

Oosterse matweelde

in die spoghuis teen die rant.

Maar se my, Emma/Emmeline, Susara/Sue,

di k jy soms aan die jare lank vervloee

by skemerkelk en dinee – word jy soms bang?

denkend aan eende teen n muur in n donker gang?

vereelte hande op oliekleed gevou –

gesigte werkverweer;

verslete bybel, kerslig…

yl stemme verhef in Prys-den-Heer?

Altwee die laaste gediggies was inni middel 80tigs opgeneem in
die Tydskrif v Letterkunde en Nouveau Riche ook in n bloemlesing, Keursteen,
vir skole. (asb! dis nie spiere wys nie! Eks net nog nie vertroud met DNS se
reels en geite nie!) J-LD.


ALONE

By Joan-Louise Durr

Alone at last,

not in the clichéd,
romantic way –

Loneliness is a state
of mind,

they say;

how very true

thát chapter now long
past.

Those first years,
busy and happy -at first –

with my sweet children
to brighten my days….

But then long barren
years

their calls my only
consolation

to colour a world
growing ever more bizarre

with a man

wanting more and more
of my sole attention,

unstinting
admiration…

The abyss within me
tearing like an everwidening scary scar

living with a man in
his own lonely and bitter isolation

of evil, narcissistic
selfadoration.

I failed him too, I
know that now after months of therapy

I can admit to my many
flaws

as his wife…

But living alone at
last

I feel so free

I am contented, even
happy.

In my heart I’m a
solitary soul –

now striving towards
another course

a better, more
fulfilling goal.

 


 

DIE DIEP ELLENDE

Deur Joan-Louise Durr.

Dit kom lê vuilgrys

om my –

klim diepellendig

in my –

vieslike misslierte

wat kolk en swaai

my vaster spin,
toedraai.

soos gifskerp
spinnekop-drade van sy

aan/in my ruk en
pluk,

oor mt mond vaswaai,
toewaai…

Dit sny diep in my in

totdat ek pyn, pyn.

Die galbitter van
wanhoop

deur my skryn

Af/stukkend gebreek

tot n be-angste
gil…

ek klankloos gil

en dit deur my lewe
weergalm.

Net die grynslag, mal
lag

van futiliteit –
vyftig jaar

se seer wat my

oopsny, slag –

My dooie siel en gees
ontbloot

vol verwyte, ellende,
puin.

Jesus! skuif oop U
vergifnisgordyn

maak my tog weer

daardie kindjieklein,

klein

en was my rein,

so skoon-en-rein.

 



DÊ!

Deur Joan-Louise Durr

reels en regulasies los my uit

woord en spelreels maak my vry

my woorde wil sweef

wil rys wil vlieg

op die klank en klop

van die ritme in my kop

sal skryf soos ek wil

dê dis ek

drink my sug my streel my

leef my

ek vlieg en sweef en reis

op die ritme van my hart

van die klopklank in my are

dansend wieg ek ritmies

my jare

aardse swaartekrag gaan weg

ek wil gly op melkwegbaan

n walsie doen om die maan

sterrestof op my vergaar

sal skryf soos ek wil

pluk my uitmekaar

of bly net stil

Dê – dis ek!